GECKO KIDS Kleurvol vir Jesus...

By Gecko Kids bediening waar daar met hope pret en liefde die volgende generasie van Jesus leiers bedien word, met die nodige riglyne en tegnieke om ambassadeurs vir Christus te wees. Gecko Kids is die ideale plek waar kinders meer leer oor Jesus en hoe om in sy spore te volg.
Gecko kids se drie pilare van bediening :
Kennis (geel gecko) vir wyse besluite wat geneem moet word in ‘n deurmekaar en gevaarlike wêreld, nl Spreuke 3:18 "Wysheid is soos 'n boom. Wie daaronder skuil, vind vreugde. Wysheid is die belangrikste in die lewe. Selfs God het alles met wysheid geskep".
Geloof (rooi gecko) Efe 6:16 " Dan is daar nog jou geloof. Die intieme verhouding met die Heer moet soos 'n skild wees waarmee jy al die giftige aanvalle van die Bose keer en eenkant toe slaan".
Vriendskap (blou gecko) Matt. 25:45 Hy sê: "luister nou mooi. As julle een van my vriende, al lyk hy vir julle ook hoe onbelangrik, met 'n glas water of 'n stukkie brood of 'n besoek in nood gehelp het, het julle my so gehelp. Ek herhaal, wie my vriende help, help my.”
Ons weet die Vader se hand is oor ons kinderbediening en ons sien uit na al ons nuwe Geckos. Ons bediening skop af die eerste Sondag van Februarie (5de) Hou gerus die Nuusbrief en Naweekbulletin wat elke Sondag beskikbaar is dop, vir meer opwindende aktiwiteite en gebeurtenisse.
Stuur ’n epos aan megan@agspretoriaoos.co.za vir meer inligting:

Gecko Blessings
Megan Gillingham

