KOM GEREELD NA DIE BLADSY VIR DIE NUUTSTE NUUS EN GEBEURTENISSE IN ONS GEMEENTE



22 JANUARIE -
GEMEENTEVERGADERING


meetings


Hiermee word kennis gegee van ‘n gemeentevergadering op Sondag 22 Januarie 2012 om 9h00 by AGS Pretoria Oos Gemeente Rubensteinweg 641

Ons wil alle geregi-streerde lidmate aanmoedig om asb hierdie baiebelangrike vergadering by te woon Ons het elkeen se samewerking en stem nodig waartydens ons ook ‘n nuwe bestuursraad sal verkies.
Met die oog op die toekoms van die gemeente sal ‘n visie voorgehou word, en ons sal u insette verwelkom.
Na afloop van die vergadering sal daar tee bedien word.


29 JANUARIE -
PASTOOR JOLAN ROSSOUW GEE SY GETUIENIS OOR DIE HEMEL!

images


Pastoor Jolan Rossouw van Mafikeng was reeds deur die deur na die Hemel in 2009. Die Here spaar sy lewe na ‘n baie ernstige motorongeluk, met één opdrag…. Wie na jou wil luister óf nie wil luister, jy moét dit wat jy gesien en gehoor het in die hemel aan die kerk op aarde gaan vertel.

Hierdie is ‘n baie belangrike afspraak, wat u weer perspektief sal gee op die lewe op aarde en hierna.

Bring u vriende en familie saam om hierdie boodskap te kan hoor!! Kom vroeg om u sitplek te verseker!!!